Compare Listings

Description

Wanneer jy met die stoeptrappies opstap na hierdie lieflike, sandsteenhuis wat in 1920 gebou is, word jy met warmte en ‘n sonstraal verwelkom. 

Die drie slaapkamer huis is ruim en stewig. Sommige van die oorspronklike houtvloere het behoue gebly terwyl van die vloere met mat, gelamineerde houtvloere en teëls bedek is. Die mure is gepleister en afgewerk met sandsteen. 

Twee leefruimtes begroet jou met kaggelvuur, so ook ‘n pragtige eetkamer met ‘n ingeboude kaggel en apparte plaasstyl kombuis. Al die venster het houtrame en die vertrekke houtdeure. Blinders versier die sitkamer sowel as pas gemaakte gordyne vir al die slaapkamers.  Dit is beskikbaar indien verkies word. Twee badkamers is goed toegerus. ‘n studeerkamer grens aan die eetkamer en kan ook as slaapkamer gebruik word.

Daar is voldoende sekuriteit met ysterdiefwering, reaksie-alarm en ‘n toesluit hek en heining na die agter deel van die erf.

Die pragtige lostaande woonstel met kuierstoep, een slaapkamer, sitkamer, kombuis en badkamerkan as verlenging van die huis gebruik word. Dit kan ook uitverhuur word aan gaste of op 'n meer permanente basis.

‘n Afdak bied koelte aan jou motor in die pragtig ontwerpde tuin met hoekies en kuierplekke waarmee jy nie verveeld sal word nie. Braaigeriewe sorg vir heerlike buite aand kuier langs die vuur.

Hier kan jy net kom woon. Geen opknapping is nodig nie, aangesien die huis baie goed onderhou is.

Alle losstaande items gaan deur die eienaar verwyder word.

Read More

Details

Updated on February 9, 2024 at 2:01 pm

  • Reference #: 1340184
  • Price: R1,385,000
  • Suburb / Town: Fouriesburg
  • Property Type: House
  • Bedrooms: 3
  • Bathrooms: 2
  • Living Areas: 2
  • Study: 1
  • Stand Size: 743.0 ㎡
  • Rates & Taxes: R 900

Key Property Features

  • Pets Allowed
  • Retirement
  • Separate Flatlet

Need a Bond?

R
R
%
Years
Total you will repay
0
Deposit
0
Total Interest
0
Per Installment
0
Loan Payment (R):
0
Interest Rate (%):
0
Period in Years :
0
* The interest rate is by default set to the prime lending rate. Banking institutions may choose to lend to individuals at a rate above or below this prime rate.